logo

Please click here to view this site in English. uk17

Wat is osteopatie?

Osteopatie is ’n unieke behandelings sisteem in natuurlike geneeskunde wat ontwikkel is deur Dr James Taylor Still in Amerika, wat vandag werêldwyd voorkom. Op 1 Julie, 1993, het Koningin Elizabeth van Brittanje die Osteopatiese wetsontwerp onderteken, wat Osteopatie die eerste alternatiewe gesondheidssorg sisteem gemaak het om wettiglik statutêre erkenning te ontvang in Europa. Osteopatiese behandeling kombineer gewrigsmanipulasie, fisiese terapie en liggaamshouding heropvoeding en is effektief in die behandeling van werwel en gewrigs patalogie, artritis, spysverterings steurnisse, menstruele ongemak en chroniese pyn.

Osteopatie is ’n holistiese benadering wat die pasiënt as ’n geheel benader in stede van om nouliks te fokus op ’n spesifieke ongesteldheid. Osteopatiese praktisyns glo dat die liggaams struktuur wederkerig verwant is met die funksie daarvan en sodoende onderworpe is aan ’n wye spektrum van ongesteldhede. Met die behandeling van pasiënte, gebruik osteopate verskeie vorme van fisieke manipulasie om die liggaam se ingebore selfggenesings meganisme in staat te stel om meer doeltreffend te funksioneer.

Alhoewel osteopatie baie doeltreffend is in die behandeling van pyn en chroniese siektes, word daar in die algemeen behandeling vir die onderliggende oorsake van ernstige siektes gesoek. Een voorbeeld is koronêre hart siektes. Osteopatie verbind die siekte met ’n skeletspierstelsel komponent en dat daar met die toepaslike manipulasie substansiële verbetering bekom kan word.

Toestande wat kan baat vind by Osteopatie

Navorsing en praktiese ervaring het bewys dat daar min gesondheidsongesteldhede is wat nie kan baat deur osteopatiese behandeling nie. Osteopatie kan toestande wat nie met chirurgie en/of ander geneeskundige behandeling verbeter nie, wel verbeter of selfs geheel oplos.

Wie kan baat by Osteopatiese behandeling?

Osteopatiese behandeling kan tot voordeel wees van pasiënte met:

  • Werwel en gewrigs toestande
  • Artritis
  • Allergieë
  • Koronêre siektes
  • Hoëbloeddruk
  • Hoofpyne
  • Senu-ontsteking en verskeie  ander ongesteldhede
masseer_stene

Wat om van u osteopaat te verwag

U praktisyn se primêre sorg sal toegespits wees op u liggaamsmeganika. U moet voorbereid wees om u klere uit te trek, skeletspierfunksie kan slegs deeglik ondersoek word met die liggaam ontbloot.

Die gewone kliniese ondersoeke sal gedoen word, wat die volgende mag insluit:

  • Liggaamsmassa en lengte
  • Bloedruk
  • Urien analise
  • Oor, neus en keel ondersoek
  • Fundoskopie
  • Ondersoek van hart en longklanke

Osteopatiese diagnose sluit in die evaluasie van:

  • Liggaamshouding en beweging
  • Simmetrie van die werwelkolom en die liggaam as geheel sal geëvalueer word.
  • Toets van beweginsvryheid, aktiewe en passiewe beweging om beweegbare liggaamsdele te evalueer vir beperking, hipermobiliteit, pyn en abnormaliteite soos krepitasie van ’n gewrig. Die belangrike bewegings van rotering, ekstensie en fleksie (buiging en kantbuigings) sal gebruik word.
  • Die sagte weefsel sal ondersoek word vir evaluering van velveranderings en temperatuurwisseling, spieverharding, gevoeligheid, refleksaktiwiteit, swelling en vogterughouding van weefsel.

Praktisyns wat klassieke Osteopatie beoefen sal die vol liggaam behandeling wat deur Dr. Still ontwikkel was gebruik. Dit is ’n holistiese terapeutiese behandeling van die liggaam as geheel met aanpassings vir individuele gevalle en toestande.

Spesiale ondersoeke mag aangevra word indien nodig soos X-strale, beendigtheidstoetse, skanderings, sonars of bloedtoetse.

 Tuisblad   Ons Doelwit   Getuigskrifte   Osteopatie  Naturopatie   Homeopatie   Homotoksikologie   NAD Terapie   CMS   4 Fase Candida Dieet   Opvoekundige Diens   Oor Dr Oberholzer   Oor Ons Kantoor   Kontak Ons   Kaart   Terme En Voorwaardes