logo

Please click here to view this site in English. uk10

Wat is Candida?

Candida Albicans is ’n swam wat teenwoordig is in alle mense vanaf ouderdom ses maande. Daar dit by almal voorkom, neem baie geneeshere aan dat candida nie sekere besondere simptome by sommige mense kan veroorsaak nie. Hierdie siening het voorkom dat candida gesien word as ’n algemene oorsaak van baie siekte toestande, uitsluitende in rare gevalle waar dit in so ’n mate toeneem dat dit selfs lewensgevaarlik kan word. Dit gebeur gewoonlik by mense wie se weerstandsmeganisme (immuunstelsel) erg verswak is deur ’n siektetoestand of geneesmiddels (deur terapie of weens misbruik).

Aldus wys dit wel daarop dat baie mense in ’n mindere mate siek word weens candidainfeksie, alhoewel nie so erg dat dit hulle lewe in gevaar stel nie. Dit kan voldoende wees om verskeie simptome te veroorsaak.

Dit sluit in:

  • Depressie
  • Angstigheid
  • Oordrewe geïrriteerdheid
  • Verteringssteurings soos diarree, hardlywigheid, winderigheid en sooibrand
  • Moegheid en ’n gevoel van wanhoop
  • Allergieë
  • Aknee
  • Migraine
  • Blaasontsteking
  • Vaginitis
  • Sproei in die mond
  • Menstruele probleme en pre-menstruele spanning

Met die gebruik van breë-sprektrumantibiotika, die voorbehoedpil en die algemene gebruik van steroïde het die voorkoms van candida toegeneem. Met die verhoogde gebruik van suiker en voedsel met ’n hoë suiker inhoud het swamtoestande toegeneem, daar die swam suiker nodig het vir sy groei. Hierdie faktore kombineer en vorm die basis van die probleem vir baie mense.

Indien ’n enkele swamsel in die ideale groeiomgewing geplaas word, kan dit binne vier en twintig uur ’n kolonie van meer as ’n honderd gisselle voortbring. Teen hierdie tempo van vermeerdering kan een sel in ’n kolonie ontaard met ’n massa van meer as ’n miljard ton binne een week.

Navorsing het bewys dat die meeste mense teenliggaampies teen candida het. Daar is ’n paar faktore wat kan bydrae daartoe dat candida geweldig kan toeneem:

  • ’n Onderliggende of ’n verworwe immuniteits gebrek;
  • Die nagevolg van steroïde (hormone) as medikasie of in voedsel;
  • Die nagevolg van antibiotiese middels in voedsel of as medikasie;
  • Voedsels wat Candida aanhelp.

Gisselle hou van koolhidraatryke voedsel. Derhalwe moet ons probeer om suiker en styselryke voedsel te beperk. Gegiste produkte, suurdeeg en swamme moet vermy word, soos asyn, alkoholiese drankies, suurdeegekstrak, kaas en sampioene. Die 4 Fase-Dieet word deur baie geneeshere en dieetkundiges wêreldwyd tot groot voordeel van miljoene pasiënte gebruik. Indien u gediagnoseer is met candida gebruik hierdie dieet toegewyd en sou u toestand nie verbeter nie, moet u ’n gesondheidspraktisyn dringend spreek.

Die 4-Fase Candida Dieet

4-fase-candida_dieet_1d
4-fase-candida_dieet_2d
4-fase-candida_dieet_3d
4-phase-candida-diet_phase_4p02

 Tuisblad   Ons Doelwit   Getuigskrifte   Osteopatie   Naturopatie   Homeopatie   Homotoksikologie   NAD Terapie   CMS   4 Fase Candida Dieet   Opvoekundige Diens   Oor Dr Oberholzer   Oor Ons Kantoor   Kontak Ons   Kaart   Terme En Voorwaardes