logo

Please click here to view this site in English. uk02

Hartlik Welkom by ons Integrale Biologiese benadering tot natuurlike medisyne!

Ons integrale biologiese benadering tot persoonlike gesondheidsorg en natuurlike medisyne erken dat
die hedendaagse leefwyse versteurings skep wat die mens se gevoel van welsyn verswak.

Ons verskaf ’n omvattende en terapeutiese benadering om u te onderskraag in u proses van genesing
en vernuwing deur die regte verhouding met die natuurlike lewensritme te herstel.

Ons integrale biologiese benadering tot geneeskunde  is gebaseer op ’n sintese van die natuurlike geneeskunde se veelvoudige terapeutiese dissiplines.

Ons spesialiseer in die volgende:

  • Homeopatiese en natuurlike biologiese geneesmiddels
  • Osteopatiese geneeskunde
  • Homotoksikologie
  • Naturopatiese geneeskunde
  • Biochemiese metodes, gesteun deur dieet en voedsel aanvullings
  • Hormonale normalisering met die klem op verjongingskure
  • Natuurlike gewigsverlies en -handhawing
  • Emosionele en gemoedsnormalisering
  • Biologiese tandheelkunde
kruisies

Hierdie sintese van terapeutiese modaliteite in die natuurlike geneeskunde is ’n kenmerk van die integrale biologiese benadering as ’n unieke middel om u te help genees en hernuwe. Om dit te bewerkstellig, bied ons ’n omvattende evaluering van die pasiënt se gesondheidstoetand, asook ’n terapeutiese en opvoedkundige diens.

Dié evaluering behels die opstel van ’n volledige geskiedenis en ’n fisieke ondersoek in ’n biografiese konteks, sowel as die mees gevorderde laboratoriumprosedures en ander diagnostiese tegnieke om die gesondheidstoestand en welsyn van elke individuele pasiënt te bepaal.

Ons evaluering dienste sluit die volgende in:

  • Fisieke ondersoeke
  • Voedingsevaluering
  • Hormonale evaluering.
  • Strukturele evaluering en osteopatiese diagnose
  • Homeopatiese terapie
  • Psigologiese evaluering kragtens die beginsels van die homeopatiese geneeskunde
  • Tandheelkundige evaluering kragtens die biomeridiaanse sisteem
  • Irisontleding
  • NAD en NADH evaluering

Die spesifieke siftingdiens sluit in:

  • Evaluering van die outonome senustelsel
  • Omvattende bloed- en urinetoets
  • Haarmineraalontleding
  • ’n Radiologiese diens, wat ’n tandheelkundige panoreksevaluering insluit

Hierdie kombinasie van ’n subjektiewe en objektiewe evaluering stel die praktisyn in staat om die subtiele wanbalanse tussen die liggaam se struktuur en funksie te bepaal, en hul fisieke interverhouding waar te neem.

Akute  gevalle sal onmiddellik raakgesien en gediagnoseer word en dié wat  binne ons behandelingsdomein val, sal dadelik met die toepaslike terapeutiese modaliteit behandel word. Indien u toestand buite ons domein val, verwys ons u onverwyld na die mees geskikte spesialis op die betrokke gebied. Ons beskik oor ’n uitgebreide verwysingsraamwerk van die mees bekwame spesialiste op elke mediese terrein, nie net in Suid Afrika nie, maar wêreldwyd. Ons doelwit is om u met professionele toewyding te dien en om u te voorsien van holistiese terapie vergelykbaar met die beste ter wêreld.

Indien u meer wil weet oor die terapeutiese modaliteite in natuurlike medisyne waarin ons spesialiseer, verken asseblief ons webtuiste of skakel +27 18 468 6840 om ’n afspraak te maak. Ons sien uit daarna om u persoonlik te ontmoet!

Ons gesondheidsorgsentrum is naby die N12 hoofweg  in Flamwood, Klerksdorp in die Noordwes provinsie van Suid Afrika.

9 Cullinan Straat, Flamwood, Klerksdorp, Suid Afrika

Kaart

Ons verskaf die volgende terapeutiese dienste:

  • Hormoonbalansering
  • Detoksifisering deur homeopatiese, homeotoksikologiese, kolonterapeutiese en biologiese geneesmiddels, asook ander benaderings
  • Sorgsame strukturele en osteopatiese terapie
  • Berading en stresbeheer ooreenkomstig met natuurlike geneeskundige beginsels
  • Regstel van voedingstekorte deur dieet en voedselaanvullings.
  • Metabloliese energie tekorte word bepaal en behandel deur middel van NAD terapie, ’n doeltreffende natuurlike behandeling vir chroniese moegheidsindroom
  • Elke soort verslawing word deur NAD-evaluering behandel en beheer.
  • Elektromagnetiese veldterapie behandeling
  • Emosionele normalisering
  • Elektro-dermale sifting
  • Lewenstylopvoeding volgens naturopatiese beginsels
  • Tandheelkundige herstelwerk in ooreenstemming met biologiese-geneeskunde programme. Pasiënte word na spesiaal opgeleide tandartse verwys

Weereens hartlik welkom!

Dr. Johann Oberholzer  D.Hom. ND. DO.

Geregistreër as ’n Homeopatiese dokter, Naturopatiese dokter en Osteopatiese dokter by die Raad op Verwante Gesondheidsberoepe van Suid Afrika. Registrasie nommer A05601.

9 Cullinan Straat, Flamwood, Wilkoppies, Klerksdorp, Suid Afrika

Tel:       +27 18 468 6840
Faks:    +27 18 468 6841

 Tuisblad   Ons Doelwit   Getuigskrifte   Osteopatie   Naturopatie   Homeopatie   Homotoksikologie   NAD Terapie  CMS   4 Fase Candida Dieet   Opvoekundige Diens   Oor Dr Oberholzer   Oor Ons Kantoor   Kontak Ons   Kaart   Terme En Voorwaardes