logo

Please click here to view this site in English. uk08

Oor Dr. Oberholzer

dr_oberholzer03

Dr. Johann Oberholzer het afgestudeer aan die Suid Afrikaanse Fakulteit van Homeopatiese Geneeskunde, die Suid Afrikaanse Kollege van Naturopatie, die Internasionale Kollege van Osteopatie en die Suid Afrikaanse Instituut van Homeopatie.

Hy is by die Raad op Verwante Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geregistreer as ’n Naturopatiese, Osteopatiese en Homeopatiese praktisyn. Sy registrasie nommer met die Raad is A5601.

Dr. Oberholzer het die Universiteit van Pretoria se kursus in die Reseptering en Bereiding van Homeopatiese Medisyne voltooi en die Departement van Gesondheid as ’n resepteringspraktisyn geregistreer. Sy registrasie nommer met die departement is NW00543D.

Sy spreekkamers is die afgelope sewe jaar geleë te Dr. Yusuf Dadoolaan 30, Wilkoppies, Klerksdorp in die Noordwes-Provinsie. Voorheen het hy vir 27 jaar in Vryburg, ook in die Noordwes-Provinsie, gepraktiseer.

Hy behoort aan die volgende verenigings:

  • Die Suid Afrikaanse Homeopatiese Vereniging, waar hy jare lank op die raad gedien het;
  • Die Osteopatiese Vereniging van Suid Afrika;
  • Die Komplementêre Geneeskundige Vereniging van Suid Afrika;
  • Die Suid Afrikaanse Antroposofiese Vereniging;
  • Die Suid Afrikaanse Naturopatiese Vereniging;
  • Die Bio-Dinamiese Landbou Vereniging van Suid Afrika; en die Grieshaber Akademie vir Funksionele medisyne, Badenbaden, Duitsland.

Ten einde te verseker dat hy op hoogte bly met die nuutste ontwikkelings op sy vakgebied, het dr. Oberholzer oor die jare veelvoudige nagraadse kursusse, seminare en kongresse bygewoon. Ons noem ’n klompie:

  • Lancet laboratoriums se Flebotomie Seminaar;
  • Die Sentrum vir Diabetes en Endokrinologie se opleiding oor die behandeling en regulering van diabetes;
  • Die Suid Afrikaanse Vereniging vir Leer- en Onderwysprobleme se seminaar oor Aandagafleibaarheidsindroom;
  • Die Innomed Kliniek se werkswinkel oor Bio-Magnetiese-Veld-Terepatie;
  • ’n Biopunktuurseminaar aangebied deur die Genootskap vir Biologiese Geneeskunde van Suid Afrika;
  • Talle seminare en konferensies oor Antroposofiese Medisyne, sowel nasionaal as internasionaal.

Dr. Oberholzer is ’n toegewyde Rotariër. Hy het in 1974 op 29-jarige ouderdom by Rotary Internasionaal aangesluit en het in 1984 gedien as president van die Vryburgse Rotary-klub. Sy mede-Rotariërs het hom met die gesogte Paul-Harris-toekenning vereer vir sy onbaatsugtige en toegewyde diens aan die gemeenskap en sy bevordering van Rotary Internasionaal se doelwitte. Hy het in 1999 by die Rotary-klub van Klerksdorp aangesluit en is veral bedrywig met gemeenskaps- en jeugprojekte.

Dr. Oberholzer is ’n ywerige tuinier en kweek die meeste van sy huishoudelike groente organies. Hy is baie lief vir die natuur en die wildlewe. Hy stap graag en is ’n gretige voëlkyker en hengelaar.

Hy versamel oudhede, seëls en munte, en is groot bewonderaar van die Spaanse argitek Antonio Gaudi.

Hy het die wêreld se grootste filosowe bestudeer en besit oor ’n uitgebreide biblioteek. Sy kosbaarste skatte is werke deur Rudolf Steiner, Wolfgang von Goethe, Victor Hugo, Ayn Rand en Generaal Jan Smuts.Dr. Oberholzer het ’n groot voorliefde vir Barokmusiek, veral die werk van die fynbesnaarde komponis Vivaldi.

Hy was 38 jaar lank gelukkig getroud met Rietjie, wat in 2007 tragies dood is. Hulle het twee seuns en ’n dogter.

 Tuisblad   Ons Doelwit   Getuigskrifte   Osteopatie   Naturopatie   Homeopatie   Homotoksikologie   NAD Terapie   CMS   4 Fase Candida Dieet   Opvoekundige Diens   Oor Dr Oberholzer   Oor Ons Kantoor   Kontak Ons   Kaart   Terme En Voorwaardes