logo

Please click here to view this site in English. uk03

Ons Doelwit

Dit is ons lewensroeping om mense van alle ouderdomsgroepe by te staan om ’n gesonde intergrasie van liggaam, verstand en gees te ontwikkel.

Ons Lewensleuse

Ons pasiënte se welsyn is ons hoogste strewe, dus onderneem ons:

  • Om pasiënte met professionele toewyding te dien;
  • Om holistiese geneeskunde gelykstaande aan die beste ter wêreld te bied;
  • Om te voldoen aan die Nasionale Gesondheidshandves en aan al die regulasies van die Departement van Gesondheid, die Aptekersraad en die Raad op Verwante Gesondheidsberoepe, wat die Homeopatie, Naturopatie en Osteopatie in Suid Afrika beheer;
  • Om ons pasiënte se heil en welsyn in medewerking en oorleg met alle geneeskundige beroepe te bevorder; en
  • Om skadelike prosedures en metodes te vermy en getrou aan die natuurlike orde te bly.
  • Ons verseker u dat ons volstrekte professionele diskresie handhaaf en u reg op privaatheid te alle tye sal eerbiedig.

In ruil verlang ons van ons pasiënte:

  • Om inligting eerlik en opreg te verstrek;
  • Die wil om hul siektetoestand met die hulp van Godgegewe, natuurlike metodes te oorwin;
  • Om ons aanbevelings en voorskrifte met toewyding toe te pas; en
  • Om hul finansiële verpligting na te kom.

 Tuisblad   Ons Doelwit   Getuigskrifte   Osteopatie   Naturopatie   Homeopatie   Homotoksikologie   NAD Terapie   CMS   4 Fase Candida Dieet   Opvoekundige Diens   Oor Dr Oberholzer   Oor Ons Kantoor   Kontak Ons   Kaart   Terme En Voorwaardes