logo

Please click here to view this site in English. uk16

Wat is Naturopatie?

Naturopatie, of naturopatiese geneeskunde, is ’n geneeskundige metode wat die natuur se genesende krag inspan. Naturopatie is ’n holistiese sisteem. Dit beteken dat naturopatiese praktisyns poog om die oorsaak van ’n siekte vas te stel deur die pasiënt te beskou as ’n geheel van liggaam, verstand en gees.

Naturopatiese geneeskunde bestaan nie uit ’n enkele genesingsmodaliteit nie, maar is ’n breë spektrum van behandelings. Dit sluit in:

  • Manipulering van die werwelkolom en sagteweefsel
  • Fisieke terapie met behulp van elektriese prikkeling
  • Ultraklank
  • Ligterapie
  • Terapeutiese berading
  • Fitoterapie
  • Dieetkunde en kliniese voeding
  • Terapeutiese oefening
natuurlike_medisyne

Naturopatie spits hom op twee gebiede toe:

  • Bevordering van die liggaam se selfgenesingsvermoë; en
  • Bekragtiging van individue om hulle in staat te stel om noodsaaklike veranderings aan hulle lewenstyl aan te bring ten einde die bes moontlike gesondheid te handhaaf.

Hoewel naturopatiese dokters sowel akute as chroniese siektes behandel, beklemtoon hulle die voorkoming van siektes en die opvoeding van die pasiënt.

Toestande wat by Naturopatie kan baat:

Naturopatie is van toepassing op elke gesondheidstoestand, maar sy grootste krag is die behandeling van chroniese en degeneratiewe siektes.

Wat om van u naturopatiese praktisyn te verwag:

’n Besoek aan ’n naturopaat is soortgelyk aan ’n besoek aan u huisarts. U eerste besoek kan langer as ’n uur duur. Gedurende die konsultasie sal u geskiedenis deeglik nagegaan word, met vrae oor u dieet, lewenstyl, stres en omgewing. Daarna sal die naturopaat ’n toepaslike fisieke ondersoek doen, wat laboratorium toeste kan insluit. ’n Naturopatiese praktisyn beskou sy pasiënte as vennote in hul gesondheidssorg, sodat hy u mag versoek om u lewenstyl aan te pas (soos om u slaap-, eet- en oefeningsgewoontes te wysig).

Daar is 95 geregistreerde naturopatiese dokters is Suid Afrika. Opleiding vind plaas aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Die beroep word deur die Departement van Gesondheid en die Raad op Verwante Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika beheer.

 Tuisblad   Ons Doelwit   Getuigskrifte   Osteopatie   Naturopatie   Homeopatie   Homotoksikologie   NAD Terapie   CMS   4 Fase Candida Dieet   Opvoekundige Diens   Oor Dr Oberholzer   Oor Ons Kantoor   Kontak Ons   Kaart   Terme En Voorwaardes