logo

Please click here to view this site in English. uk13

Wat is NAD?

NAD (nikotinamied adenien denikleotied) is ’n metaboliese ko-ensiem wat voortdurend wissel tussen die NAD- en NADH-verbindings in die liggaam. Ensieme onderhou alle lewensfunksies. Daar is twee basiese ensiemklasse: verteringsensieme en metaboliese ensieme.

Metaboliese ensieme is verantwoordelik vir die bou, herstel en herbou van elke sel, en die liggaam is daagliks onder groot druk om genoegsame ensieme te voorsien om optimale gesondheid te handhaaf. Metaboliese ensieme werk in elke sel, elke orgaan en elke weefsel, en vereis konstante aanvulling. NAD speel ’n wesentlike rol in die produksie van ATP (adenosien trifosfaat), die liggaam se basiese energiemolekule, en het meer as 100 metaboliese funksies in die menslike biochemie.

Wat is ’n NAD Energie Tekort?

Alle menslike aktiwiteit verg energie. Navorsing dui aan dat 90% van ons fisieke energie deur die biochemiese prosesse in ons selle beskikbaar gestel word. Elke sel in die liggaam het ’n spesifieke funksie wat energie benodig om sy werk te doen. Hierdie energie word verwek deur verskeie chemiese prosesse in die selle, in klein “krag opwekkers”. Hierdie kragopwekkertjies word die mitochondria genoem. Hulle gebruik glukose as brandstof, wat bekom word uit die voedsel wat ons deur die spysverteringsproses inneem. Die meeste van die prosesse waarmee die kragopwekkertjies energie verwerk, kort egter ’n spesifieke ko-ensiem. Sonder hierdie ko-ensiem funksioneer die kragopwekkertjie eenvoudig nie.

NAD is een van dié ko-ensieme en dit onderhou die prosesse in alle kragopwekkers. As daar ’n tekort is aan NAD, of ’n tekort aan kragopwekkers in die selle, sal daar ’n tekort aan metaboliese energie wees. Hierdie metaboliese energie tekort heet ’n NAD Energie Tekort (NET) en beteken daar is onvoldoende chemiese energie vir die lewensfunksies. NET kan gedefinieer word as die fisieke toestand wat ontstaan wanneer die liggaam op ’n sellulêre te min NAD-molekules en bykomende metaboliese energieko-faktore het om die liggaam gesond te hou. So ’n NET kan lei tot ’n breë spektrum van NET verwante siektes. ’n NET manifesteer meestal as chroniese moegheid, chroniese moegheidsindroom, dwelmmisbruik, depressie, stres, angstigheid en verskeie ander chroniese siektes.

Genetiese NET (Onomkeerbaar en Chronies)

Na raming ly 10% van mense ly aan ’n onomkeerbare, chroniese NET. Genetiese en chroniese NET word van moeder na kind oorgedra en is reeds teenwoordig tydens geboorte.

Die ma se eiersel begin met ’n tekort aan krag opwekkers. Haar kinders sal geen kragopwekkers erf by hul vader nie, omdat al sy kragsentrales in die spermsel se stert sit, wat tydens die bevrugtiging van die eiersel afgewerp word. Hulle dogter en seun sal sodoende die energie tekort erf, maar die seun kan trou met ’n vrou wat genoegsame kragsentrales het. Daar eindig die probleem dan. Die dogter sal die probleem egter versprei. Negentig persent van mense kry genoegsame NAD uit kos en is in staat om dit ten volle te benut, omdat hulle selle oor genoeg energieopwekkers beskik. Die 10% wat aan NET ly, sal egter NAD-aanvullings moet gebruik om hulle liggaam stabiel te laat funksioneer met voldoende fisieke energie om ’n goeie lewenskwaliteit te kan geniet. Hoewel miljoene studente en kinders biologie leer, dink die meeste mense aan energie as iets mistieks en buite die bereik van gewone mense. Hulle beskou die herstel van energievlakke deur toepaslike NAD-aanvullings as ondenkbaar en te eenvoudig om ’n langdurige en aftakelende probleem – wat hul ganse menswees beïnvloed – te genees.

NAD-Terapie is ’n veilge, natuurlike energie aanvulling en opwekker van sellulêre energie en mag ook:

  • Dien as ’n kragtige anti-oksidant en reiniger van vrye radikale:
  • Fagosiete gebruik NADPH as ’n bron van energie om patogene te vernietig. Die NAD(P)H, wat beskikbaar is, word ook gebruik om die liggaam te beskerm teen vrye radikale, om op hierdie manier skade en siekte te voorkom. NAD en niasien (’n voorloper van NAD), speel ’n belangrike rol in die verdediging van selle teen DNA skade deur genotoksiese partikels.

  • Verstandhelderheid verhoog:
  • Die brein gebruik tien keer meer NAD energie as enige ander orgaan.

  • Emosionele balans en gemoed bevorder:
  • Derivate van niasien, hoofsaaklik in die vorm van NAD en NADP ko-ensieme, kom ryklik in brein weefsel voor. NADH speel ’n rol in die sintese van die neurosenders, soos noradrenalien en dopamien, wat ’n belangrike rol speel in die handhawing van ’n positiewe emosionele gesteldheid.

Wie kan baat by NAD Terapie?

Alhoewel NAD terapie tot voordeel van alle mense kan wees, is die langdurige gebruik daarvan vir net 10% van alle mense noodsaaklik, ten einde hulle lewensgehalte te handhaaf.

 Tuisblad   Ons Doelwit   Getuigskrifte   Osteopatie   Naturopatie   Homeopatie   Homotoksikologie   NAD Terapie  CMS   4 Fase Candida Dieet   Opvoekundige Diens   Oor Dr Oberholzer   Oor Ons Kantoor   Kontak Ons   Kaart   Terme En Voorwaardes