logo

Please click here to view this site in English. uk14

Wat is homotoksikologie?

Homotoksikologie is die nuutste ontwikkeling op die gebied van homeopatiese geneeskunde en is gegrond op die integrasie van basiese geneeskundige wetenskap en homeopatiese beginsels. Dit verteenwoordig ’n unieke sintese van die molekulêre biologie, biochemie, toksikologie en fisiologiese patologie, waaruit nie-toksiese biologiese terapie ontstaan het.

Homotoksikologie verteenwoordig ’n besondere vooruitgang op die gebied van biologiese geneeskunde.

Elke lewende organisme word beskou as ’n dinamiese vloeisisteem wat voortdurend by sy onmiddellike omgewing aanpas. Enige skadelike invloed wat hierdie fyn dinamiese vloei versteur, word gedefinieer as ’n “homotoksien”, wat beteken dat dit toksies is vir die mens. Homotoksiene kan inwendig (metaboliese stowwe wat nie afgebreek en/of uitgeskei word nie) of uitwendig (gifstowwe uit die omgewing, besmetlike stowwe, ens.) ontstaan. Wanneer die organisme ’n homotoksien teëkom, probeer hy om dit indien moontlik uit te skei; so nie pas hy hom by die gifstof aan.

Kragtens die homotoksikologie maak alle lewensprosesse staat op chemies geïdentifiseerde stowwe wat in bruikbare energie omskep word. Siekte is wanneer die chemiese stof verander in ’n toksiese patogeen. Hierdie homotoksien is verantwoordelik vir die proses wat ons “siekte” noem. Baie simptome van siektetoestande is eintlik ’n teken dat die liggaam homself probeer “ontgiftig” (genees) van homotoksiene. Anti-homotoksiene, pro-biologiese terapie versterk die immuunstelsel se poging om van die homotoksiene wat siektes veroorsaak, ontslae te raak.

Toestande wat kan baat vind by homotoksikologie:

Die meeste siekte toestande kan baat by die gebruik van homotoksikologiese behandeling, van kindersiektes tot selfs die mees gevorderde degeneratiewe toestande.

Akute toestande, veral kindersiektes, kan doeltreffend behandel en bestuur word volgens die beginsels van natuurlike biologiese geneeskunde.

Alle beserings - veral sport beserings – kan so behandel word. Die hersteltydperk is gewoonlik ook korter. Die komitee vir geneeskundige sportspesialiste by die Olimpiese spele beveel hoofsaaklik homotoksikologiese behandeling aan vir sportbeserings.

Chroniese toestande in alle fases kan suksesvol behandel word deur homotoksikologiese metodes. Indien die toestand te ver gevorder het, mag genesing onmoontlik wees; nogtans kan die pasiënt se lewnsgehalte dikwels verbeter word. In baie van hierdie gevalle kan homotoksikologiese behandeling met chirurgie, chemo-terapie, bestralingsterapie, antibiotiese middels en ander behandeling gepaard gaan.

 Tuisblad   Ons Doelwit   Getuigskrifte   Osteopatie   Naturopatie   Homeopatie   Homotoksikologie  NAD Terapie   CMS   4 Fase Candida Dieet   Opvoekundige Diens   Oor Dr Oberholzer   Oor Ons Kantoor   Kontak Ons   Kaart   Terme En Voorwaardes