logo

Please click here to view this site in English. uk15

Wat is homeopatie?

Homeopatie is ’n natuurlike geneeskundige sisteem wat gebaseer is op twee hoofbeginsels:

“Die Soortgelyke behandel die Soortgelyke” en die “Wet van Oneindige verdunning”.

  • “Die Soortgelyke behandel die Soortgelyke”, ook bekend as Die Wet van Eendersheid:
  • Luidens hierdie beginsel sal ’n stof wat sekere simptome by ’n gesonde persoon veroorsaak, dieselfde simptome laat opklaar by ’n siek persoon.

  • Die Wet van Oneindige Verdunning:
  • Volgens hierdie beginsel word ’n stof se geneeskundige vermoë versterk indien dit geweldig verdun en gesukkusseer (geskud) word.

Homeopatiese geneesmiddels bestaan gewoonlik uit verdunde oplossings van natuurlike stowwe verkry van plante, minerale en dierweefsel. Die behandeling berus op die beginsel van “die soortgelyke genees die soortgelyke” en poog om verskillende simptoompatrone of “siekteprofiele” te vergelyk en die liggaam se natuurlike geneesvermoë sodoende te prikkel.

homeopatie

Toestande wat by homeopatie kan baat:

Homeopatie is ’n volledige sisteem van natuurlike genesing wat ’n terapeutiese effek het op feitlik enige siekte of gesondheidstoestand.

Wie kan baat by homeopatiese behandeling?

Mense van alle ouderdomsgroepe kan baat by homeopatiese behandeling. Homeopatiese middels het geen newe-effekte nie en kan veilig saam met ander mediese behandeling gebruik word. Die langtermynvoordeel van homeopatie is dat dit nie net die simptome verlig nie, maar die interne orde ook tot op die diepste vlak herstel.

Wat om tydens ’n homeopatiese konsultasie te verwag:

’n Homeopatiese  konsultasie is ’n unieke ervaring vir iemand wat gewoond is aan konvensionele geneeskunde. U ly byvoorbeeld aan chroniese hoofpyn of migraine. Terwyl die konvensionele behandeling hiervoor feitlik dieselfde is vir almal is (’n pynstiller en/of ’n anti-inflamatoriese middel), beskik homeopatie oor meer as twee honderd simptoompatrone vir hoofpyn, met toepaslike middels vir elkeen.

U hoofpyn setel dalk in die voorkop. Dit word dalk erger wanneer dit koud is, terwyl hitte dit verlig. Dis dalk minder pynlik wanneer u lê, of anders wanneer u regop sit. U is as persoon dalk maer en senuagtig, of u is ’n rustige, sedentêre tipe mens. Die homeopatiese praktisyn sal dus eers ’n noukeurige “profiel” van al die eienskappe – liggaamlik, geestelik en emosioneel – opstel voor hy op die geneesmiddel of samestelling van geneesmiddels vir u besluit.

Praktisyns wat klassieke homeopatie beoefen, raadpleeg lywige kompendiums, die sogenaamde repertoriums, of die materia medica om te bepaal welke middel naaste verwant is aan die pasiënt se simptoombeeld. Hierdie kompendiums is versamelings van derduisende toetsbevindings wat oor die afgelope tweehonderd jaar in detail geboekstaaf is en toon hoe gesonde individue op sekere stowwe reageer. Die hoogs gedetailleerde reaksies van die individue word versamel in hierdie kompendiums en die homeopatiese praktisyn se taak is om die reaksie wat presies ooreenstem met die pasiënt se simptoomprofiel te bepaal.

Homeopatie wêreldwyd:

Homeopatie het in Europa ontstaan. Daar is ongeveer ses duisend praktisyns in Duitsland en vyf duisend in Frankryk.

In Brittanje vorm homeopatiese hospitale en klinieke deel van die nasionale gesondheidsorgtelsel. Homeopatie word wettig erken as ’n nagraadse mediese spesialiteit. Homeopatie geniet vir vier geslagte lank al die ondersteuning van die Britse koningshuis.

In Suid-Afrika beheer die Departement van Gesondheid en die Raad op Verwante Gesondheidsberoepe homeopatiese dokters en homeopatiese medikasie. Die opleiding van homeopatiese dokters geskied deur die Universiteit van Johannesburg en die Durbanse Universiteit vir Tegnologie. Suid Afrika beskik oor meer a 700 Geregistreerde homeopatiese praktisyns.

In die VSA praktiseer nagenoeg drie duisend mediese dokters en gelisensieerde gesondheidsorgverskaffers as homeopate, ’n syfer wat jaarliks toeneem. Die FDA (Food and Drug Administration) erken homeopatiese middels as amptelike geneesmiddels en reguleer die vervaardiging, etikettering en lewering daarvan.

Homeopatie word ook algemeen bedryf in Indië, met meer as vyf en twintig duisend homeopatiese praktisyns.

 Tuisblad   Ons Doelwit   Getuigskrifte   Osteopatie   Naturopatie   Homeopatie  Homotoksikologie   NAD Terapie   CMS   4 Fase Candida Dieet   Opvoekundige Diens   Oor Dr Oberholzer   Oor Ons Kantoor   Kontak Ons   Kaart   Terme En Voorwaardes