logo

Please click here to view this site in English. uk18

Getuigskrifte

Ek is ’n apteker en eienaar van my eie onafhanklike apteek in Stilfontein, ’n dorp naby Klerksdorp. My besigheid het floreer en my kliënte het my toegewyde professionele diens ontvang wat bogemiddeld was. Toe het krisis op krisis gebeur. My rekenaar sisteem het opgepak en my dienste verskaffer kon of wou nie die diens lewer wat my besigheid benodig het nie. Ek was besig om kliënte en derduisende rande te verloor, dit was ’n finansiële katastrofe.

As apteker het ek besluit op natuurlike terapeutiese onderskraging en ek het Dr. Johann Oberholzer gekonsulteer wat praktiseer in geïntegreerde medisyne en slegs natuurlike middels voorskryf. Hy het bloedtoetse aangevra om my NAD vlakke te evalueer wat onvoldoende vlakke aangedui het. Hy het aan my die biologiese patologie verduidelik en gesamentlik besluit op aanvullings van NAD en NADH.

Ek het my aanvullings daagliks geneem en my genesing was wonderbaarlik. Nodeloos om te se was ek weer in beheer en my besigheid terug na normaal met my kliënte tevrede en gelukkig.

Ek gebruik en rekommendeer NAD en NADH supplemente op ’n gereelde basis.

    Ronel Keyser (Bsc Pharm)
     

As ’n praktiserende tandarts vir 24 jaar, het Dr. Johan Oberholzer my aan biologiese tandheelkunde voorgestel agt jaar gelede. Nagraadse studie in biologiese tandheelkunde het nuwe deure vir my oopgemaak en ’n hele nuwe kwaliteit aan my werk meegebring. Ek het baie gevalle van komplekse patologie behandel (verwys na my deur Dr. Oberholzer) en was in staat om ’n groot persentasie van chroniese siektes in genoemde pasiënte op te klaar deur die toepassing van biologiese tandheelkunde.

Ek rekommendeer biologiese tandheelkunde aan my pasiënte op ’n daaglikse basis.

    Dr. Willem du Plooy
     

Ek is ’n pasiënt van Dr Johan Oberholzer sedert 1997. Deur die jare het hy my lewe lewe telkemale gered. Sedert my kinderjare was ek chronies siek, en gediagnoseer met bloedarmmoede, chroniese candida, coxsackie, epstein barr virale infeksies, mialgiese enkefalites, vibromialgie, geirriteerde kolon sindroom, voedsel allergieë, depressie en veelvoudige ander toestande.

Gewone allopatiese geneesmiddels het al my simptome vererger en die meeste dokters het geglo dat my simptome van psigiese oorsprong was, uiteindelik was ek geboelie om elektroenkefalo terapie te ondergaan in 1981, ’n traumatiese ervaring wat geen verskil gemaak het nie en slegs geheue verlies veroorsaak het.

Ek het alternatiewe terapeutiese metodes begin ondersoek. Osteopatiese behadelings en diepweefsel massering deur Dr Oberholzer het my deur die jare geweldig gehelp. Naturopatiese berading en dieetkundige hulp het my nuwe insig gegee ten opsigte van my geïrriteerde kolon sindroom wat baie verbeter het. Homeopatiese behandelings het bygedra tot die verbetering van my akute en chroniese toestande.

Ek is baie dankbaar vir die toegewyde en professionele hulp van Dr Oberholzer oor baie jare.

    Mev. E.M.M. Fourie
     

In die vroë sewentiger jare het ek ernstige nierprobleme opgedoen. Verskeie geneeshere het my behandel waaronder ’n uroloog. Na ‘n nieroperasie het hy gediagnoseer dat dit chroniese bilaterale glomerolonefritis is met uiters swak prognose. Die siekte toe al reeds agtien maande geduur. Op advies van ’n lidmaat het ek Dr. Rudolf Heymans, ’n homeopatiese praktisyn van Delareyville gekonsulteer. Sy behandeling met homeopatiese middels het my soveel verbeter dat met my sesde besoek aan hom kon ons behandeling staak en tot op datum het ek nie weer ’n probleem gehad nie. Verskeie geneeshere insluitende Dr. Oberholzer kon nooit weer fout met my niere kry nie. My vrou het rumatiek gehad. Dr. Oberholzer het haar met homeopatiese middels behandel wat haar ten volle genees het.

    Dominee J.A. du Plessis


My naam is Lyn Hedgcock, ek is 49 jaar oud en sal graag my ondervinding met NAD behandeling met u wil deel.

Ongeveer 7 jaar gelede het ek bewus geword dat my energie vlakke besig was om te daal. Ek het uitputting ervaar gepaard met pyn. Ek het ‘n minimum van 14 uur slaap nodig gehad om te kon funksioneer vir die dag en het 8 kilogram ‘n jaar opgetel. Oefening het pyn en krampe on my bene veroorsaak en  klompe die grote van albasters het onder my vel gevorm. Ek het gesukkel om my liggaamstemperatuur te reguleer. My maag was konstant deurmekaar. Ek was nie in staat om enige vitamien of mineraalaanvulling te neem sonder om onmiddelik maagkrampe te kry en it op te bring asof ek vergiftig was, gevolg deur ‘n drie dae herstel periode. Verskeie voedselsoorte het begin om my  dieselfde reaksie te gee. In die einde kon ek net melk, proteine en suiker hanteer wat ek konstant na gesmag het sonder enige stisfaksie.

Dokters kon geen oplossing vind vir my simptome nie. Twee jaar gelede het ons na die klein dorpie van Vosburg in die Karoo getrek wat ons die geleentheid gegee he tom ‘n hele jaar af te neem. Dit sou die perfekte tyd gewees het vir my om te herstel, gewig te verloor en my energie vlakke te herwin. Dit het net vererger en ek was in staat om net 4 ure per dag wakker te bly. My gewig het toegeneem en die spierpyne was intens. My man is ondermeer ‘n musikant en het by ‘n groep aangesluit wat ‘n opvoering in ‘n buurdorp gedoen het. Dit was daar wat ek die dromspeler se vrou ontmoet he twat ek die “Energizer Bunny” gedoop het. Ek het aangemerk oor hoe vol lewe sy was en sy het my toe vertel van NAD en Dr. Oberholzer en oor hoe sy ‘n paar jaar gelede presies dieselfde gevoel het as ek op daai moment. Ek het Dr. Oberholzer gekontak met my storie en in stede daarvan om opsy gestoot te word met ‘n toekomstige afspraak het hy vir ‘n uur vrae gevra en na my storie oor die telefoon geluister. Ek het vir bloedtoetse gegaan en was gediagnoseer met ‘n NAD tekort. Binne twee weke van terapie kon ek my energie voel terugkom. Dit is nou al amper ‘n jaar en ek het nou slegs se sure slaap ‘n aand nodig om te volle te kan funksioneer en is stadig besig om alle voedsels terug te plaas in my dieet, maar vir my is die beste dat ek van te vore net na ‘n stukkie koek sou kyk en 4 kilogram sou optel. Nou kan ek daai koek eet en my gewig bly konstant. Ek het uiteindelik ‘n metabolisme en my liggaam smag nie meer na suiker nie. Ek het nog gewig om te verloor maar ek weet nou dat wanneer ek ‘n gewigsverlies program begin dat my metabolisme daai ideale massa gaan kan handhaaf. Die klompe onder my vel is amper weg. Wat ‘n seën om weer vol lewe wees.

Ek is nou die “Energizer Bunny”!

    Lyn Hedgcock

 Tuisblad   Ons Doelwit   Getuigskrifte   Osteopatie   Naturopatie   Homeopatie   Homotoksikologie   NAD Terapie   CMS   4 Fase Candida Dieet   Opvoekundige Diens   Oor Dr Oberholzer   Oor Ons Kantoor   Kontak Ons   Kaart   Terme En Voorwaardes