logo

Please click here to view this site in English. uk11

Wat is Chroniese Moegheid Sindroom?

Chroniese Moegheid Sindroom (CMS) is ’n aftakelende siekte wat onverklaarbare moegheid en ’n tekort aan energie, wat nie toegeskryf kan word aan bekende geneeskundige toestande nie, oor ’n tydperk langer as ses maande veroorsaak. Miljoene mense wêreldwyd veral tussen die ouderdomme 20 en 40 ly daaraan en dit kom in twee keer soveel vrouens as mans voor. Lewensgebeurtenisse soos swangerskap en die menopouse, asook sosiaal voorgeskrewe rolle, besorg vroue dalk ’n unieke vatbaarheid.

Die primêre tekens en simptome van chroniese moegheid sindroom:

Bo en behalwe chroniese moegheid, wat nie deur bekende geneeskundige toestande veroorsaak word nie, is daar agt moontlike primêre tekens en simptome van CMS, Dit sluit in:

  • Geheueverlies en/of swak konsentrasie
  • Chroniese seer keel
  • Pynlike en effens vergrote limfkliere in die nek en/of armholtes
  • Spiere wat onverklaarbaar pyn
  • Pyn wat van die een gewrig na die ander wissel, sonder swelsel of rooiheid
  • Kopsere van ’n nuwe aard, patroon en ergheid
  • Versteurde slaap
  • Oordrewe uitputting na gewone oefening en inspanning

Mense wat aan chroniese moegheid sindroom ly, meld ook verskeie ander tekens en simptome wat nie deel uitmaak van die amptelike definisie van die toestand, soos bepaal deur die Internasionale Studiegroep vir Chroniese Moegheidsindroom nie.

Dit sluit in:

  • Buikpyn
  • Oordrewe vatbaarheid vir alkohol
  • Winderigheid
  • Borspyn
  • Chroniese hoes
  • Diarree
  • Lighoofdigheid
  • Droogheid van die mond en oë
  • Oorpyn
  • Onreëlmatige hartklop
  • Pyn in die kakebeen
  • Spierstyfheid in die oggende
  • Naarheid
  • Nagsweet
  • Psigologiese probleme, soos depressie, prikkelbaarheid, angstigheid en angsaanvalle
  • Kortasemheid
  • Prikkelrigge sensasies
  • Gewigsverlies

Faktore wat tot chroniese moegheid sindroom bydrae:

  • Metaboliese energie tekort of NAD energie tekort (NET).
  • Omgewingsstressors, chemiese en elektromagnetiese besoedeling van die atmosfeer en radioaktiewe bestraling
  • Langdurige psigologiese en emosionele stres
  • Chroniese septiese foci, soos ’n subkliniese tandheelkundige patologie

Behandeling van chroniese moegheid sindroom:

Baie jare se ondervinding het bewys dat ’n langdurige multi-dissiplinêre benadering die suksesvolste bahandeling is. Die behandeling fokus derhalwe op:

  • Lewenstyl
  • Fisieke terapie
  • Dieet en voeding
  • Homeopatie
  • Homotoksikologie
  • Plantaardige geneesmiddels (Fitoterapie)

’n Gesonde en goed gebalanseerde lewenstyl is van die uiterste belang en moet bereik en gehandhaaf word.

Dit behels:

  • Genoegsame slaap en rus
  • Ontspanningsaktiwiteite en ligte oefening is van soos joga, Pilates, ’n daaglikse stapprogram, water-aerobiese oefening, ens. is baie heilsaam
  • Die lees van positiewe en lewensverrykende werke
  • Versorging van ’n troeteldier
  • Gereëlde godsdientsige aktiwiteit

CMS-lyers kan grootliks baat vind by fisieke terapie. In ons praktyk gebruik ons:

  • Gereelde osteopatiese behandelings
  • Gereelde massering van die hele liggaam met aromatiese olies, bepaal na gelang van die individuele geval
  • Magnetiese veld terapie kan tot groot waarde wees en daaglikse behandeling word aanbeveel tot die simptome verbeter, gevolg deur instandhoudingsbehandeling.

Dieet en voeding

’n Gesonde dieet is noodsaaklik om die immuunstelsel op te bou om CMS die hoof te bied. Vermy alle kitskosse, wat min voedingstowwe en baie suiker en vet bevat. Verkies eerder gesonde, voedsame kos wat baie proteïne en komplekse koolhidrate bevat, soos groentes, graan, peulplante, vis en pluimvee. (Vermy pluimvee wat met antibiotika behandel is en met hormoon gestimuleer is).

Agt tot tien glase suiwer, natuurlike water moet daagliks ingeneem word. (Indien die water deur omgekeerde osmose gefiltreer is, verryk dit deur vars vrugte- of groentesappe of kruietee by te voeg.)

Indien u aan kandida ly, word die 4-fasedieet aanbeveel. Hierdie dieet sluit alle suiker, alkohol, verfynde koolhidrate, melkprodukte (laktose), heuning, droë sowel as sekere vars vrugte uit. Geen produk wat kafiëne bevat mag ingeneem word nie. Die vierde fase van die 4-Fase-dieet vir kandidalyers het geblyk om voordelig te wees vir CMS-lyers.

Indien u allergies is of sensitief is vir bepaalde voedselsoorte, moet die allergene vermy word. ’n Noukeurige bepaling van enige tekort aan mikronutriënte is nodig, verkieslik deur elektrodermale sifting en relevante bloedtoetse. Tekorte moet deur aanvullings van goeie gehalte vergoed word. Dit is noodsaaklik om CMS-lyers se NAD- en NADH vlakke deur toepaslike bloedtoetse te bepaal en die toepaslike NAD-aanvullings voor te skryf.

Toetsing vir allergiese toestande deur elektro-dermale sifting en/of relevante bloedtoetse, IGE, Rast- en phadiotop-toetse is van onskatbare waarde om allergene uit u dieet en omgewing te verwyder en die doeltreffendheid van die terapie sodoende te verbeter.

Homeopatiese behandeling:

Ons onderneem om die homeopatiese middel te vind wat die oorkoepelende simptoombeeld pas.

Homotoksikologie:

Die homotoksikologiese protokols vir CMS is deeglik bekend en is as uiters heilsaam bewys. Weer eens is dit die individuele simptoombeeld wat die behandeling bepaal.

Behandeling deur Plantaardige Middels (Fitoterapie):

Ons beplan ’n behandelingsprotokol gegrond op die pasiënt se simptoombeeld en toestand en reik ’n toepaslike voorskrif uit. Verskeie plantaardige middels word vir die behandeling van chroniese moegheid sindroom aangedui.

 Tuisblad   Ons Doelwit   Getuigskrifte   Osteopatie   Naturopatie   Homeopatie   Homotoksikologie   NAD Terapie   CMS   4 Fase Candida Dieet   Opvoekundige Diens   Oor Dr Oberholzer   Oor Ons Kantoor   Kontak Ons   Kaart   Terme En Voorwaardes